Welkom by Basileia Berading
Basileia Berading bied kinders, tieners en volwassenes die geleendheid
om genesing te bekom op ‘n emosionele, fisiese en geestelike vlak.
About Me
Couns. Michelle De Jager
Michelle de Jager is in goeie verhouding met ‘n Dokter, Psigiater en Kinder Prokereur sou hulle dienste nodig wees vir diagnose, nodige medikasie en kinder sake.
"Na die verlies van nabye geliefdes aan die dood en 'n verlede soos baie ander, het ek besluit om my ondervinding te gebruik om die wat na my deur tramatiese gebeure gaan, te onderteun en op te help. Dus het ek toe my B-Graad bekom by KBN Netwerk as 'n Christosentriese Berader."
Michelle de Jager

Ons Dienste
Lees hier meer oor al ons beskikbare dienste
Kinder Speel Terapie
Deur speel terapie kan verkeie trauma’s opgelet word deur die berader. Kinders sukkel geweldig om vir ons se wat hulle voel of wat met hulle gebeur, hulle kan wel vir ons wys. Dus tydens speel terapie kan aggressie, lae selfbeeld, deppressie, boelie, molestasie, woedebuie, vrees ens. raak gesien word.
Ander psigosomatiese siektes en toestande kan ook herken word en verwys ons dan na ons psigiater terwyl behandeling by Basileia Berading kan voortgaan.
Tiener Berading
Puberteit is ‘n geweldige moeilike stadium vir die ouers asook die kinders. Misverstande is die heel grootste vyand tussen tiener en ouer/s. Die “houding” wat skielik deel is van die tiener is vir die ouers ‘n direkte uitdaging en dus kan die kosbare verhouding skade lei terwyl dit die beste tyd kan wees.
Die tieners bevind homself/haarself met 'n nuwe ligaam wat konstant verander agv hormone. Die brein van die tiener gaan ook deur veranderinge weens puberteit, dit is 'n proses wat net so frustreerend is vir die tiener asook die ouer. Met die nodige leiding kan tiener en ouer hierdie proses vereenvoudig en geniet.
Ouerleiding
Ouerleiding word gebied om ouers by te staan deur die fases waardeur babatjies (voorgeboorte – 12 maande), kleuters (12-36 maande) en adolossente (10-24 jaar) gaan. Deur jou kind beter te verstaan kan daar ‘n sterker band tussen ouer en kind ontstaan terwyl dissipline toegepas word sonder om die kind se karakter af te breek.
Tydens hierdie sessies leer ek die ouers waardeur die kind nou gaan sodat daar ‘n helder verstaan is van wat aan die gang is.
Huweliksberading
n' Huwelik is die stroper van selfsug. Jy vat twee individue wat verkeie agtergronte, raamwerke, temperamente, ervarings en sieninge het en sit hulle by mekaar om ‘n gesin van hul eie te hê; daar gaan moeilikheid kom! MAAR dit hoef nie te beteken dat die gelofte moet eindig in ‘n egskeiding nie!! Met hulp en bystand deur ‘n gekwalifiseerde buitestaander kan alles perfek in plek val.
Voorhuwelikseberading
Voordat jy die GROOT “I do” verklaar kom woon die voorhuwelikse berading sessie by. Dit sal julle gereed kry vir die groot uitdagings wat op julle toekomstige huwelik wag.
Dit help dat julle saam oud word soos julle beplan om te belowe.
Diep Emosionele Terapie
Diep Emosionele Terapie is ‘n terapie wat genesing bring vir verkeie trauma’s wat deur ‘n kind, tiener of volwassene ervaar is. Genesing vind plaas aangaande die wetende of onwetende stressors wat die individu emosioneel jaag. Negatiewe emosies en herrineringe wat helder opgeroep word in die geheu beïnvloed die menslike liggaam op die selfde wyse as konstante stress.
Temperament Ontleding (vanaf 16 jaar en ouer)
Jy vind uit “wie is jy”! Dit help om jouself beter te verstaan en hoekom mense ‘n sekere manier teenoor jou optree. Temperament onleding gee jou ‘n goeie idee van watse beroep jy kan navolg en waar jou talente lê. Wat vir my die beste gedeelte is van temperament onleding is die gedeelte wat jy jouself aanvaar, verstaan en lief kry. Die oomblik wat jy besef daar is en was nog nooit iets fout met jou nie, jy is reg nes jy is.
Skole Program rondom Molestasie Voorkoming
Ons is tans werkend aan die program by Laerskole om molestasie te voorkom waar ons kinders leer oor hulle liggaampies se grense. Ouerleing in die gebied word ook aangebied. Kontak die praktyk vir meer inligting.

Meer oor Ons
Ons bied verskeie dienste as volg:
Bel Ons Gerus op: +27(0) 76 102 2063
Getuigskrifte
Ons wil graag van U hoor
Ons sal so vinnig moontlik aan U terugkom